Wat Kan die Sielkundige vir my Beteken Noudat ek Uit die Greep van Verslawing Breek?

Baie middelafhanklike persone het ‘n dubbeldiagnose.  Onderliggend aan die middelafhanklikheid lê probleme soos sosiale fobie, depressie, post-traumatiese stresversteuring ens.  Dit maak nie saak wat eerste was nie, beide behoort aandag te geniet.  Die korrekte prosedure sou wees om eers van die middel/dwelm onttrek te word om ‘n skoon beeld van die moontlike onderliggende psigiatriese probleem te kry.  Indien teenwoordig, kan die probleem korrek behandel word.

Een manier sou wees om in ‘n fasiliteit spesifiek ingerig vir substansonttrekking, opgeneem te word.  Die psigiater bestuur die onttrekkingsproses en die sielkundige begin met psigoterapie, gesinsintervensies, voorligting, psigo-opvoeding ens.  (Dikwels word ‘n maatskaplike werker en arbeidsterapeut ook betrek.)  Dit is belangrik dat bloot net ‘n substitusie van substanse nie plaasvind nie (bv verslaaf raak aan sterk verdowingsmiddels) en dat gepoog word om net die nodigste medikasie te verskaf.  Opnames kan wissel van ‘n paar dae tot 9 maande, afhangend van die substans.

Die onttrekking van die substans (en die gebruik van medikasie indien nodig) is net die begin van die proses, omdat die persoon nog dieselfde mens is en omdat sy/haar omstandighede nog nie verander het nie.  Dit is waar die sielkundige se terapie van onskatbare waarde is, asook die inskakeling by ondersteuningsgroepe.  Terapie duur tot lank na ontslag en kan insluit die reflektering van gevoelens, integrasie van innerlike dele, kognitiewe terapie gerig op beheer van denke, gedragsterapie om nuwe vaardighede in te oefen en fokustegnieke.  Verskeie ander terapeutiese intervensies wat nie hier bespreek kan word nie, sou nog hierby gevoeg kon word, byvoorbeeld kliniese hipnoterapie.

WAT KAN EK VERWAG OP MY HELINGSPAD?

Dit is ‘n komplekse proses wat baie oefening en ondersteuning vra.  Sommiges probeer jou rehabilitasie saboteer en sulke ‘vriende’ word agtergelaat, soms is daar terugslae maar elke keer probeer jy weer.  Jy word gemotiveer deur elke dag wat jy skoon/droog bly al word die lus by tye bykans onuithoudbaar.  Emosies soos woede, depressie en angs word ervaar want rehabilitasie impliseer verliese.  Totdat jou nuwe lewensuitkyk en lewenspatroon (jou wins) uiteindelik outomaties en sonder inspanning verloop.

About thatpsychologist

Clinical Psychologist in private practice in George and Mossel-Bay Kliniese Sielkundige in privaat praktyk op George en Mosselbaai.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: