‘n Vriend Vertel my van die Stryd met ‘n Verslaafde Familielid. Hoe Reageer ek?

Dit kos dikwels baie moed om te praat oor ‘n stryd met ‘n verslaafde.  Indien hierdie gesprek negatief ervaar word, kan dit die hantering van so ‘n stryd kniehalter.  Die vriend voel dikwels skuldig oor die ‘uitpraat’, verantwoordelik vir die verslaafde se gedrag, skaam om te erken dat sulke probleme bestaan en bang om verwerp te word.

Moet dus nie die vertrouenssituasie verbreek nie.  Moenie te nuuskierig wees of ‘n ‘ag shame siestog’ houding inneem nie.  Moenie in kompetisie gaan oor wie se situasie die ergste is nie.  Moenie blameer of op die persoon neerkyk nie.  Moenie te geskok lyk nie en moenie te vinnig wil raad uitdeel nie.

Daar is ‘n paar dinge wat jy kán doen en sê wat konstruktief is:

  • Probeer aktief luister deur die gevoel agter die persoon se woorde te reflekteer.  Byvoorbeeld, wanneer die persoon sê dat jy die eerste persoon is wat weet, sou jy kon noem dat dit vir jou klink of hy/sy bang is oor wat sal gebeur as ander mense weet.  Of selfs dat dit klink of dit baie moed gekos het om te praat.
  • Dit is goed om die boodskap oor te dra dat jy nooit presies sal kan weet hoe dit by die huis is en hoe die persoon voel nie.
  • Bevestig of die gesprek vertroulik is en respekteer die persoon se wens.
  • Noem dat jy beskikbaar is indien die persoon weer wil gesels.
  • Jy mag van jou eie ervaring deel indien dit relevant is, veral as dit kan aansluit by hoe die persoon voel.
  • Sê dat niemand verantwoordelikheid kan vat vir ‘n gesinslid se verslawing nie en dat niemand dit kan veroorsaak, beheer of oplos nie.
  • Noem dat dit goed en aanvaarbaar is om vir die persoon self lief te wees maar dat dit net so goed en aanvaarbaar is om die persoon se gedrag te haat.
  • In gevalle waar die verslawing steeds voortduur, is dit belangrik om vir die persoon hoop te gee deur daarop te wys dat verslawing ‘n behandelbare toestand is.  Maan hom/haar egter om geduldig te wees.
  • Laat die suggestie dat die persoon miskien professionele hulp kan inwin (soos ‘n sielkundige) om die effek van die verslaafde se gedrag te hanteer.
  • Vind uit by die AA (Alkoholiste Anoniem) watter boeke relevant kan wees en gee een aan jou vriend om te lees.

About thatpsychologist

Clinical Psychologist in private practice in George and Mossel-Bay Kliniese Sielkundige in privaat praktyk op George en Mosselbaai.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: