Evaluasies
1. Neuro-Psigologies
Dit word tipies uitgevoer om die impak te bepaal van ‘n brein verwante insident. Voorbeelde sluit in kankers, hoofbeserings en kardio-vaskulêre insidente. Terugvoer word gegee oor mentale status, aandag, persoonlikheid, konsentrasie, oriëntasie, geheue, verbale-, konstruksie-, perseptuele-, konseptuele- en ander hoër-orde funksies.
2. Persoonlikheid
Persoonlikheidsprofiele word dikwels verlang in beheer en/of toesig situasies, vir persoonlike groei, indiensneming en ander verwante aspekte.
3. Medies-Geregtelik
Hierdie evaluasies fokus op aspekte wat verband hou met die vermoë om te kan getuig, die impak van trauma, die vermoë om mens se eie sake te hanteer, beheer- en-toesigsake, ensovoorts.
4. Intelligensie
Intelligensietoetse evalueer die persoon se intellektuele vermoëns en help met werk- of skoolplasing en die toets van vermoëns wat bepalend is in die vermoë om te getuig in die hof ensomeer.